|
Showing 1 - 25 of
55 matches in All Departments
Al die geluide in die woud is vir Tier vreeslik opwindend. Saam met
sy vriende (pronkende Pou, verstrooide Renoster en trompetterende
Olifant) soek hy na 'n antwoord op die opwindendste vraag van
almal: Wie is die koning van die woud?
Hond is lief vir sy vriende. Hy dink hulle is fantasties. Maar hy
dink ook hy is die beste, en hy hou nie op om hulle te vertel nie.
So wat gebeur toe sy vriende besluit om hom n les te leer deur hom
te wys waarin hulle die beste is? Die skrywer vertel: "Die idee vir
hierdie boek het by my ontstaan nadat ek 'n tenniswedstryd gewen
het. Ek het dit geniet om heeltyd by vriende en familie te spog, en
toe besef ek dat ek dit onder hulle neuse vryf, net soos Hond!"
Willem die Wreedaard is geweldig wreed. Hy ontvoer briljante uitvinders en dwing hulle om masjiene te bou waarmee hy sy duiwelswerk kan doen. Maar daar kom ’n dag waarop hy besef dat hy so wreed is dat niemand van hom hou nie. Sal Willem ’n nuwe blaadjie kan omslaan?
’n Snaakse storie vir wreedaarde en weldoeners van alle ouderdomme!
In hierdie slim boekie oor die dromende sjimpansee Willie, gee
Anthony Browne 'n speelse knik in die rigting van skilders soos
Henri Rousseau en Salvador Dali, wie se kunswerke 'n mens dikwels
eerder aan drome as aan die werklikheid herinner. Willie hou
daarvan om te droom. Hy droom dat hy 'n filmster is; 'n skilder, 'n
balletdanser ... Hy droom van vreeslike monsters en superhelde
Willie se droomland is n galery van wonderlike en magiese prente.
Maak die boek oop en kyk self!
Dis my verjaardag en ek gaan 'n koek bak. Ek het eiers, meel,
botter, melk, 'n knypie sout, suiker en 'n paar kersies vir bo-op
nodig. Kan my dierevriendjies my help? Wat kan nou lekkerder wees
as om n verjaardagkoek te deel met maatjies wat gehelp het om dit
te bak? Helen Oxenbury is n geliefde illustreerder van kinderboeke
wat al talle pryse gewen het met haar werk. Hierdie teks is n
aandoenlike verhaal oor vriendskap en mededeelsaamheid, wat op
peuters en kleuters gemik is.
|
Olifant Se Vraag (Afrikaans, Hardcover)
Leen Van Den Berg; Edited by Rentia Bartlett-Mohl; Illustrated by Kaatje Vermeire; Translated by Shane Kleyn
|
R54
Discovery Miles 540
|
Ships in 4 - 8 working days
|
Soos elke jaar klim al die diere en skepsels teen die heuwel op vir
'n vergadering. Hierdie jaar het olifant 'n vraag, 'n moeilike
vraag: Hoe weet mens dat jy iemand liefhet? Die verhaal begin met
'n groot prent van 'n treurige olifant met 'n klein stoeltjie op sy
kop en 'n blom in sy mond. Die vergadering wat olifant se vraag
moet bespreek, word gelei deur Mier, wat die woord gee aan Muis,
Sneeuwitjie, 'n klip, 'n swerwer, 'n ysbeer en nog vele ander
skepsels. As hulle saam by klomp filosofiese antwoorde oor die
liefde gekom het, word die vergadering gesluit en gaan elkeen
tevrede huis toe. Net Mier, wat oor die liefde skepties is, weet
nie waarom sy skielik so alleen voel nie. Olifant se vraag is 'n
ontroerende verhaal oor die vele fasette van die liefde. Leen van
der Berg bied die jong leser veel om verder oor te droom en te
filosofeer. Kaatje Vermeire se illustrasies, 'n kombinasie tussen
grafiek en illustrasies, is 'n pragtige versmelting van realisme en
fantasie. Die boek vorm sowel vir die oogstrelende fantasieryke
prente, as vir die boeiende teks, stof tot nadenke en bepeinsing.
Op 'n dag kom Tannie Frieda nie weer terug nadat sy die vullis gaan
uitsit het nie. Wat nou? 'n Klein chinchilla gaan kuier graag by
Tannie Frieda het is nou in 'n penarie. Hoe gemaak as daar gevaar
is in die lug om die woonstelblok waar sy woon? Dit is n lekker
spannende boek wat kinders sal laat omblaai tot op die heel laaste
bladsy!
Pieter die parkopsigter het die dag af. Dis die perfekte dag vir
niksdoen. Maar Pieter se rustige piekniek word onderbreek toe 'n
konyntjie onverwags in 'n waterput val.
Pieter die parkopsigter is altyd besig om die diere in sy park te
voer. Maar een koue winternag ontdek Pieter dat sy vriendjies meer
as net broodkrummels nodig het. Hy moet 'n manier kry om hulle te
help!
'n Sjimpansee vertel van sy gunstelingboeke: van boeke oor
ruimtevaarders tot boeke oor seerowers. Ja, hy hou regtig van
boeke! Van watter tipe boeke hou jy? Snaakse boeke? Bangmaak-boeke?
Boeke oor monsters en seerowers? Boeke met sjimpansees? Waarvan jy
ook al hou, daar is iets in hierdie boek vir jou!
My fiets het altyd pap bande gehad. Bande? Bande? Jy was
gelukkig. My fiets het nie eens bande gehad nie. Ek het op 'n fiets
met houtwiele gery. En die saal was altyd n bietjie los. Is dit
al? My fiets het vierkantige houtwiele gehad, geen saal nie en
slegs een pedaal. Dirk kuier by sy oupas, maar hy moet steeds
skool toe gaan. Daarom het sy oupas vir hom 'n fiets
aanmekaargesit. As Dirk versigtig uitwys dat die fiets 'n bietjie
lendelam is, begin die oupas grootpraat oor die teespoed wat hulle
moes trotseer om betyds by die skool uit te kom. 'n Skreeusnaakse
verhaal!
Dis 'n pragtige lentedag en die perfekte geleentheid vir Pieter die
parkopsigter om die oorgroeide doolhof te snoei. Maar n doolhof is
soms 'n ding wat jou kan laat kopkrap en toe Pieter se vriende
besluit om hom n streep te trek, wag daar n verrassing op
almal....
Gister het ek wakker geword met my bababoetie Ben wat in my kamer
rondkruip en aan my goed lek ... Toe skree ek: GAAN UIT MY KAMER
UIT! en dit was die begin van MY GROOT SKREEDAG! Bella het n
slegte dag niks is soos sy dit wil he nie en al wat sy kan doen
is skree. Maar slegte dae hou nie vir altyd aan nie, en Bella leer
daardie spesiale woord
JAMMER! 'n SKREEUSNAAKSE kinderboek.
Tant Bettie het 'n gunstelingbroekie wat op 'n dag van die
wasgoeddraad afgewaai word en wilde avonture beleef. Sal Tant
Bettie ooit weer haar broekie terugkry? 'n Storie met koddige
kinkels en vrolike illustrasies, perfek vir voorlees!
Hierdie storieboek is 'n versameling boeiende stories en rympies
wat die gevierde kinderboekillustreerder Richard Scarry se
immergewilde dierekaraktertjies insluit. Die vrolike verhale en
prettige illustrasies maak dit die beste storieboek ooit....
|
The big eating book (Board book)
Guido van Genechten; Illustrated by Guido van Genechten; Translated by Shane Kleyn
|
R39
Discovery Miles 390
|
Ships in 4 - 8 working days
|
The Big Eating Book is chock-full of delicious pictures about food
lovers of all kinds from fruit and fish eaters, vegetarians, and
lovers of nuts, to cheese or grass lovers, flower gluttons, and
omnivores who eat everything. Humans and animals alike, we all have
to eat!
Wikkels Vark kry 'n verrassingspakkie by 'n partytjie. Hy is so
gretig om dit oop te maak, dat hy sy sagte speelding Snoekels aan
'n ballon vasbind, en nie sien wat gebeur nie! Met die oulike
Wikkels Vark in die hoofrol, is hierdie n oulike verhaal oor
skeidingsangs; 'n situasie wat elke ouer en kind sal herken.
Tommie maak sy ma se kombuiskaste leeg om vir hom die grootste
toebroodjie ter wereld te maak. Sal die toebroodjie met die
sjokoladesmeer, mosterd, sjokoladevermicelli, rosyntjies,
appelkooskonfyt, grondboontjiebotter, n lepel soet heuning en
bykans die hele yskasinhoud genoeg wees om Tommie se groot honger
te stil?
|
You may like...
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R398
R330
Discovery Miles 3 300
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R398
R330
Discovery Miles 3 300
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R398
R330
Discovery Miles 3 300
Sound Of Freedom
Jim Caviezel, Mira Sorvino, …
DVD
R325
R218
Discovery Miles 2 180
|